’n Noord-Kaapse vrou is een van twee gesamentlike wenners in die moordende Mongol Derby-uithourit wat in Julie in Mongolië plaasgevind het. Willemien Jooste (links) en Deirdre Griffith van Amerika het saam oor die wenstreep gery en die manlike deelnemers uitgestof. Jooste is ’n veeartseny-verpleegster van Philipstown wat saam met haar gesin op ’n plaas tussen dié dorp en Petrusville bly. Volgens die uithourit se reëls het ruiters tien dae om 1 000 km met die half-wilde perde van Mongolië af te lê. Ruiters moet by elke halte perde vir die volgende skof uitkies.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM