Gr. 7-leerlinge aan die Hotazel-kollege het in Desember ’n toer na Hartenbos en omgewing meegemaak.
Weens die hewige reën in die begin van Desember is hulle voor Meiringspoort deur ’n vloed opgehou en kon hulle hul eindbestemming eers 26 uur later bereik.
Daarna het gebeure vlot verloop en het die leerlinge verskeie bakens en besienswaardighede besoek, soos die Dias-museum, die Waterworld-pretpark in Mosselbaai, die Kango-grotte by Oudtshoorn en die Birds of Eden- en Monkeyland-park in die Knysna-omgewing. Hulle het ook in ’n boot om robbe-eiland gevaar, kamele gery, slange vasgehou en olifante besoek.
Die leerlinge is dit eens dat die ervaringe nie maklik vergeet sal word nie.