Twee jong vroue van Loeriesfontein, Marshe Strauss (23) en Kezia Souw (26), doen waardevolle praktiese ervaring op as deel van ‘n span kabeltegnici wat aan ‘n grootskaalse kabelvervangingsveldtog werk. Deur diรฉ geleentheid ontwikkel hulle praktiese vaardighede in turbinebedrywighede en neem hulle belangrike stappe in die bou van hul loopbane in die hernubare energieveld.
Hulle is in 2022 gekies om deel te neem aan die Global Wind Organisation se opleidingsprogram, befonds deur die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte. Die opleiding was die grondslag vir hul loopbane en het hulle toegerus met die noodsaaklike veiligheids- en tegniese vaardighede.
“Hierdie soort ondersteuning wys hoe plaaslike vaardigheidsontwikkeling ‘n langtermyn-impak kan skep. Deur te belรช in tegniese opleiding vir jongmense in ons gemeenskappe, skep ons toegang tot betekenisvolle loopbaangeleenthede en bevorder ons sterker geslagsverteenwoordiging in wetenskap, tegnologie, ingenieurwese en wiskunde (STEM) en die hernubare energieruimte,” sรช Vanessa Fredericks, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir die windkragaanlegte.

Strauss en Souw is as junior hystegnici in diens. Hulle is getaak met hysbedrywighede as deel van ‘n Siemens Gamesa Renewable Energy- (SGRE) geleide veldtog. Dit het ten doel om die veiligheid en doeltreffendheid van turbinebedrywighede by die Noupoort-windkragaanleg in die Noord-Kaap te verbeter.
“Ons werk elke dag op hoogtes en verseker dat gereedskap en kabels veilig in die torings gelig word. Dit is intense werk, maar ook baie belonend,” sรช hulle.
Hul boodskap aan jong vroue wat loopbane in STEM oorweeg, is om aan te hou leer en nuwe uitdagings aan te pak.
Albei is vasbeslote om hul loopbane in die windenergiesektor te groei.



You must be logged in to post a comment.