Lede van Die Voortrekkers leer allerlei vaardighede aan. Die beweging se aktiwiteite begin Maandag (24/01) met waterkaskenades en ’n waatlemoenfees.

Foto: Verskaf

Die Olyvenhoutsdrift-Voortrekkerkommando in Upington se bedrywighede vir die nuwe jaar begin met waterkaskenades en ’n waatlemoenfees.

Die verrigtinge vind Maandag (24/01) om 17:15 plaas. Dit word op die Voortrekkerterrein in Bultstraat aangebied.

Gr. R- tot gr. 11-leerlinge word genooi om aan die pret deel te neem en hulle by die beweging aan te sluit.

You need to be Logged In to leave a comment.