Spanne van die Hoërskool Diamantveld het verlede week, as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, twee keer slaags geraak met spanne van onderskeidelik die Hoërskool Sentraal en die Hoërskool Fichardtpark.

Die kragmeting teen Sentraal, op Woensdag 21 Mei, het in Kimberley plaasgevind, terwyl die ontmoeting met Fichardtpark op Saterdag 24 Mei in Bloemfontein afgespeel het.

Op die rugbyveld het Diamantveld seges met al sy wedstryde teen Sentraal ingepalm.

Uitslae teen Sentraal is soos volg, met Diamantveld se telling telkens eerste:

Rugby:

o.19A: 55 – 0; o.19B: 38 – 7; o.19C: 52 – 0; o.16A: 34 – 17; o.16B: 12 – 7; o.15A: 49 – 17; o.15B: 22 – 19; o.14A: 22 – 12; en o.14B: 48 – 10.

Netbal:

o.19A: 25 – 31; o.19B: 14 – 18; o.19C: 17 – 19; o.19D: 5 – 18; o.17A: 16 – 19; o.16A: 20 – 9; o.16B: 19 – 29; o.15A: 22 – 16; o.15B: 10 – 14; o.15C: 11 – 12; o.15D: 4 – 15; o.14A: 27 – 14; o.14B: 13 – 14; o.14C: 7 – 12; en o.14D: 6 – 16;

Miesieshokkie:

o.19A: 1 – 3; o.19B: 0 – 8; en o.16A: 0 – 7.

Seunshokkie:

o.19A: 2 – 2; en o.16A: 0 – 2.

rugbyspeler op die baan
L.J. Buys van die Hoërskool Diamantveld se o. 16A-rugbyspan tydens die wedstryd teen Fichardtpark. Foto: Verskaf

Uitslae na wedstryde teen Fichardtpark

Diamantveld se eerste rugbyspan het ná sy wedstryd teen Fichardtpark triomfantelik huiswaarts gekeer. Die tellings teen Fichardtpark is soos volg:

Rugby:

Eerste span: 61 – 5; o.19B: 38 – 21; o.19C: 12 – 14; o.16A: 64 – 0; o.15A: 22 – 14; o.15B: 15 – 7; o.14A: 7 – 15; en o.14B: 50 – 0.

Netbal:

Eerste span: 29 – 34; o.19B: 23 – 20; o.19C: 10 – 14; o.19D: 8 – 27; o.19E (vriendskaplik): 7 – 14; o.16A: 22 – 10;

o.16B: 34 – 6; o.15A: 19 – 21; o.15B: 17 – 15; o.15C: 13 – 13; o.14A: 18 – 29; o.14B: 18 – 10; o.14C: 21 – 11; en o.14D: 31 – 2.

Meisieshokkie:

Eerste span:1 – 2; o.18B: 0 – 3; en o.16A: 0 – 0.

Seunshokkie:

Eerstespan: 1 – 1; en o.16A: 1 – 2.

Volgende kragmetings

In ronde sewe van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wedywer Diamantveld se spanne op Saterdag 31 Mei teen die Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein.

Dié wedstryde word in Kimberley gespeel, en toeskouers word genooi om dit by te woon en hul ondersteuning te bied.

Leané Prinsloo (in blou) tydens die o.15A-netbalspan se wedstryd teen die Hoërskool Sentraal. Foto: Helena Barnard
dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.