Meer as 10 000 atlete het hulle in die eerste 24 uur nadat die inskryfproses vir aanstaande jaar se Comrades-wedloop geopen het, ingeskryf.

Net 23 000 deelnemers sal toegelaat word om op 9 Junie dié wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg aan te durf.

Volgens die Comrades-vereniging (CMA), wat die wedloop organiseer, is sowat R50 000 binne enkele ure nadat die inskryfproses geopen het, ingesamel om dit vir minder bevoorregte atlete makliker te maak om teen halfprys deel te neem.

Die CMA het vroeër ’n noodfonds gestig om dié atlete te help. Atlete met ’n jaarlikse inkomste van minder as R30 000 word uit dié fonds bygestaan.

Teen laat November het 379 atlete al om hulp aansoek gedoen.

Altesaam 1 500 Suid-Afrikaners sal deur die fonds gehelp word.


Sportredaksie, Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.