Die invloed van die inperking, nou in sy agtste week, het verskillende uitwerkings op Noord-Kapenaars, en dit is duidelik dat niemand onaangeraak is daardeur nie.
Noordkaap het vir lesers op sy Facebook-blad gevra wat vir hulle die moeilikste van die inperking is:
Vele frustrasies en talle verlangens
“Baie?. Mis kerk. Mis my ouers wat 80 km van my af is?. Mis om met mense te kan praat?. Mis my sigarette (stenig my maar omdat ek ’n roker is). Mis onderwysers wat my kind mooi geleer het want ek het min geduld met skoolwerk.” – Benita Stoltz Muller
“Baie. My kinder?s. Ek moet sing anders verstomp ek heeltemal, ek het dringend nodig om ’n nuwe produksie in te studeer. My vriendinne en ons wil kuier en koffie drink. Ek is gewoond travel. Ek wil my koffer pak, ry en vlieg?. Ek wil in Plett kom en my man kan nie gaan flyfish nie.” – Alta Wewege
“Mis veral kerk toe gaan, waar mense om my is, waar ek kan gaan krag haal want op my eie faal ek liederlik; om sommer net te ry, saam met kinders te braai, om net normaal te wees (wat normaal ook al beteken). Bekommernis wat net nie afgeskud kan word nie; nie net vir ons nie maar soveel ander mense wat nie weet watter kant toe nie.” – Elsabe van Bosch
“Dat ek nie kerk toe kan gaan nie. Verlang om weer te werk; ek mis al die kliënte van Star of the West Pub; die stories en grappies wat hulle altyd kom vertel. Dis wonderlik om te sien hoe mense omgee vir mekaar in hierdie moeilike tyd.”– Jason Jafta
“Kan nie kerk toe gaan. Sien nie my kinders, kleinkinders en my agterkleinkind gaan my nie meer ken nie. My hare en naels.” – Ben-Loreen Ludik
“Die herhaling van al die TV-kanale, en die vier mure en erf maak my mal.” – Natasha Heathfield
“Mis my familie en vriende. En om te kan kamp.”– Janette Wright
Verlange na familie
“Is tussen my familie en vriend en kan hulle nie sien nie.” – Millie Ferreira
“Verlang my dood na my kinders en kleinkinders.” – Elize Hough
“Wil my ma so graag sien! Verstaan dit is vir almal beter dat ouetehuise se besoeke gestop is, maar dit is baie moeilik. Sy word 90 en ek weet nie of ek haar dan eens sal sien nie. Voel of mens so baie tyd verloor!” – Petra Daneel
“Dat ons Botha-familie nie vir my ouboet ’n roudiens kon gee nie. Hartverskeurend seer.” – Amanda Botha
“Mis my kinders en kleinkinders ongelooflik baie. Het tussen ouma grootgeword. Kan nie eens gaan kyk of kuier nie.” – Alta Visser
“Die feit dat ek nie my pa, wie in die ouetehuis se siekeboeg lê, mag sien nie, maak my dood.” – Nelda Lotter
“Dat ek nie van een provinsie kan reis om my moeder van 87 te besoek.” – Erna Oliphant
“Dat my man nie kan by wees vir my keiser begin Julie nie.”– Louise Rossouw Vorster
“Om nie by familie te kuier nie.” – Estelle Kotze
“Om nie my ouers te kan sien.” – Paula Leite Reid
Verlore werksgeleenthede
“Die lughawens wat nog nie mag oopmaak nie.” – Louis van Zyl (Hy is een van talle Suid-Afrikaners wat werkspermitte het om in die VSA te mag werk, maar mag nie nou vlieg nie).
“Die feit dat ons naeltegnikusse nie kliënte mag sien nie, maar die taxis is elke dag vol en die mall ook. No work, no pay. Baie frustrerend!” – Elzaan Louw
“Die feit dat ek nie kan werk nie, en dus nie my inkomste kan genereer nie.” – Riana Marais
“Die kwessie dat ek nie voorraad vir my besigheid kan kry nie frustreer my erg.” – Maralize de Kock (De Kock bedryf ’n algemene handelaar in Van Wyksvlei. Die afgelope tyd sukkel sy om algemene produkte soos 10 kg-sakke met meel, suiker, kookolie, ander droë produkte en blikkies groente te kry. De Kock sê sy sal hierdie week Kimberley toe moet ry in die hoop om voorraad te kry. Die vorige week kon sy ook geen groente of brood vir haar onderneming aankoop nie. “Die rakke was leeg,” sê sy. “Ek voel al so sleg om vir my kliënte te sê ek kry nie voorraad nie. Ons probeer maar kop bo water hou en positief te bly.”)
“Geen inkomste nie. Besigheid is toe.” – Anel van Zyl
“Om nie geld te kan verdien en vir my gesin te kan sorg nie.” – Ilzé Basson Eva
Skoolopvoeding
“Die kwessie of ek my kinders se opvoeding of gesondheid eerste moet plaas. Albei is belangrik, veral vir my matrikulant, maar ek weet nie of ek haar lewe in gevaar sal stel, of haar skoolloopbaan sal benadeel as ek haar skool toe stuur om haar finale jaar klaar te maak nie.” – Alecia Wildean Pietersen-hendricks
“Ek het ook gesê dat hulle eerder die skooljaar herhaal as om hul lewe in gevaar te stel.” – Sue-anne Roberts Noodsaaklike werkers
“Om as essensiële werker te moet werk en jou agtjarige kind te ondersteun met huiswerk en haar emosies oor die lockdown. Sy verstaan nie wat regtig aangaan nie. Sy mis haar maatjies en ons vriende en familie.” – Ulla Spies
“Dat ek nog die heeltyd moet skofte werk; wil so graag almal help wat glo hulle het die reg om rond te beweeg, en dat alles wat nie gedoen word geblame word op lockdown.” – Karin du Plessis )
“Die feit dat ek moet netjies wees in my uniform, maar nie my hare kan sny nie.” – Lizelle Minns Strydom
Kerkbywoning
“Mens kan nie kerk toe gaan nie. Massa mense in dorpe en rye. (In kerk) kan ’n mens maar 2 m uitmekaar sit en luister. Gelukkig kan ’n mens nog kerk luister oor TV, radio of jou Bybel lees, bid en met God praat. Dank Vader my kinders is by my. – Emerencia Fourie
“Nie kerk toe nie en om behoorlik te kan oefen.” – Arnold Mei
Hulpverlening
“Die ergste is daar’s mense met geen inkomste; tog is hulle toeskouers hoe daar twee-twee hampers afgelaai word by (ander) huise en niks kan doen nie.” – Reuben Smally Adolf