Vier spelers in die Ontluikende Ierland-rugbyspan wat eersdaags teen die Griekwas, Cheetahs en Pumas in Bloemfontein te staan kom, het al toetsrugby gespeel.

Die toergroep van 35 spelers is verlede week bevestig. Die wedstryd teen die Griekwas is een van die vier wedstryde in die Toyota-uitdaagreeks.

Die Ierse span gaan voor sy vertrek ’n oefenkamp van drie dae in Dublin hou.

Simon Easterby is die toerspan se afrigter.

Die span se eerste wedstryd is op 30 September teen die Griekwas.

Johann de Jager

You need to be Logged In to leave a comment.