Dr. Hannes Els

Arbeid in die Here is nie tevergeefs nie. -1 Korintiërs 15:58

God stuur Moses en Aäron na die magtigste man van die destydse wêreld.

In Eksodus 7:3-6 sê Hy: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry. As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is, en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.”

As ons probleme vererger kan jy moed opgee of aanvaar dat God ook met die verdieping van probleme ‘n plan het; kies om onsself jammer te kry of God se verheerliking soek sodat Hy die uitkoms bring; ons eie planne maak en bewys ons is nie gereed vir uitkoms nie; of aanvaar dat God die probleem verleng en vererger of omstandighede gebruik om te leer wat sy wil is en so gouer vry raak.

Watter van die bogenoemde opsies oefen jy uit wanneer lewe druk?

Gebed:

Here, help my doen wat ek wel kan met toewyding aan die werk van die Here, want ek wil graag standvastig en onwrikbaar wees. Amen.

Els is ‘n oud-leraar van Kroonstad.

You need to be Logged In to leave a comment.