Suid-Afrika het ’n groot besending medisyne ontvang om a-pokke, of “mpox”, mee te behandel.
Teen die einde van Junie is reeds 13 gevalle aangemeld. Sewe daarvan was in KwaZulu-Natal, vyf in Gauteng en een in die Wes-Kaap. Sterfgevalle weens a-pokke is ook aangemeld.
’n Man in Gauteng het a-pokke opgedoen sonder dat hy buite Suid-Afrika gereis het.
In die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) is dit in April ’n epidemie verklaar nadat meer as 19 000 gevalle en 900 sterftes sedert begin verlede jaar in die land aangemeld is.
Volgens gesondheidskenners is dit ’n dodeliker variant as die een in 2022, en ook aansteekliker. Dit is in dieselfde familie as pokke. Van die simptome is ’n pynlike veluitslag wat ettergevulde etsels oor die hele liggaam kan veroorsaak, koors en ook hoof-, spier- en rugpyn.
Onmiddellike mediese hulp word vereis.

