Die drie stoeiers is van links Diederick Jankowitz, Fredrich du Plessis en Izak Jankowitz.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Drie jong lede van die Kimberley Diamant-stoeiklub het aan die Noordwes- ope kampioenskapsbyeenkoms in Klerksdorp deelgeneem.

Stoeiers van oor die land heen het op die byeenkoms op 6 Mei meegeding, en die drie jongmanne van Kimberley het baie goed gevaar.

Fredrich du Plessis (o.11) het ’n silwermedalje verwerf, Diederick Jankowitz (o.8) ook silwer en Izak Jankowitz (o.6) ’n medalje vir deelname.

Die lede van die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag.

Enigeen wat daarin belangstel om dié sportsoort te beoefen kan Marilise Kruger by 082-445-4249 of Coenie Kruger by 083-231-9766 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article