Die Huisgenoot
Eisteddfod is terug vir ’n derde keer, en vanjaar kan leerlinge oor die land
heen in ses afdelings inskryf.

Die afdelings is
prosa, poësie, sang, redenaars, met dans en skoolkore wat vanjaar nuut bygevoeg
is. Ná hul inskrywing, kry leerlinge toegang tot ’n meestersklas op video
waarin beoordelaars verduidelik waarna hulle kyk. Praktiese wenke word ook
gegee. Die video is byna ’n uur lank.

Deelnemers
kwalifiseer vir goud-, silwer- of bronssertifikate, en kontantpryse is ook op
die spel.

Een algehele
wenner word as die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die jaar aangewys, met ’n
beloning van R10
000
kontant, geborg deur afrikaans.com.

Inskrywings sluit
op 8 Augustus om 17:00.

Vir meer
inligting, skryf aan eisteddfod@­huisgenoot.com of aan charlea.grey­@huisgenoot.com.

Besoek
eisteddfod.huisgenoot.com of huisgenoot.­com om aanlyn in te skryf.

You need to be Logged In to leave a comment.