’n Hooggeplaaste
amptenaar van die Noord-Kaapse departement van gesondheid wat Woensdagoggend (10/03) deur die Valke in hegtenis geneem is, verskyn later vandag in die hof in Kimberley oor
onregmatige huurkontrakte van R96 miljoen.
Volgens Mojalefa
Senokoatsane, woordvoerder van die direkteur van Openbare Vervolging, het
die verdagte as verantwoordelike amptenaar nie die wetlike voorskrifte
ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gevolg toe die huurkontrakte
aangegaan is nie.
Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, het die inhegtenisname bevestig.