Honderde kleinflaminkkuikens op pad na Pretoria

Honderde kleinflaminkkuikens op pad na Pretoria


Vrywilligers kon sedert gisteraand reeds daarin slaag om ongeveer
’n 1 000 kleinflaminkkuikens wat deur broeipare in die Kamfersdam buite
Kimberley agtergelaat is van ’n gewisse dood te red.

 

Noordkaap het Woensdag berig dat die
kuikens kan vrek weens die min water in die dam.

Die dam se water
kom hoofsaaklik van die watersuiweringsaanleg in Homevale van waar verwerkte
water by die dam moet invloei.

 

Die dam is tans
drooggebak met leë neste, eiers wat agtergelaat is en die karkasse van dooie
kuikens en dooie volwasse kleinflaminke (Phoenicoparrus minor
).

 

Die bekende
privaatondersoeker Mike Bolhuis het gister onderneem om

honderde
kleinflaminkkuikens onder sy vlerk te neem.

 

Bolhuis is ’n
voëlliefhebber wat reeds ’n groot versameling eksotiese voëls op sy kleinhoewe
by Leeufontein naby Pretoria aanhou en sê daar is plek op sy kleinhoewe vir nog
flaminke.

 

Reddingswerkers het
gisteraand reeds begin om van die kuikens te vang.

 

Hulle word in
bokse van 30 verpak en sal later vandag na Gauteng gevlieg word.

 

Ekapa Minerals,
’n plaaslike mynmaatskappy, het aangebied om die voëls na Gauteng te
vlieg.

 

Volgens Bolhuis  is daar ’n span kundiges van die
Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenykunde by Onderstepoort om
die ontwaterde en ondervoede kuikens by aankoms in Pretoria te behandel. 

You need to be Logged In to leave a comment.