Thomas Matthew Crooks, ’n 20-jarige Amerikaner, is op Saterdag 13 Julie deur ’n skerpskutter van dié land se geheime diens doodgeskiet.
Crooks het probeer om oudpresident Donald Trump, die presidentskandidaat van die Republikeine, in ’n sluipmoordaanval in Pennsilvanië dood te skiet.
Trump het ’n wond aan sy oor opgedoen.
Crooks het ’n semi-outomatiese AR15-aanvalsgeweer gebruik en die voorval het hernude debatte oor wapenbeheer in Amerika ontketen. Sowat een uit 20 Amerikaners besit glo so ’n wapen, en die AR15 is in minstens 10 van die 17 dodelikste massaskietvoorvalle in Amerika gebruik.
– Netwerk24