Die Noordwes-Kaap (NWK) Rugby Legends het onlangs sy seisoen afgesluit met ’n geselligheid by die Eiland-oord in Upington.
Talle van dié oudrugbyspelers het in die 70’s en 80’s rugby in moeilike omstandighede sonder noemenswaardige borgskappe gespeel.
Die spelers wat vanjaar vereer is, het vir die plaaslike oudrugbyklubs Desert Rats, Wolves en Collegians gespeel.
Vroeër in September het die NWK-legends ’n geskiedkundige toer na Namibië onderneem waar hulle teen die legends van Reho Falcons kragte gemeet het. Daar is sprake dat die Falcons in April ’n blitstoer na Upington sal onderneem.
’n Vroeë herinnering is toe van 1980 se NWK-legends in ’n Suid-Afrikaanse bekerwedstryd teen die gedugte Boland-span gespeel het. NWK het in die halfeindstryd teen Boland vasgeval “maar daai dag het ons ons nerwe afgespeel teen ’n span wat gewemel het van Saru-spelers”, sê kaptein Jesse Clarke, wat die veld vroeg verlaat het weens ’n kopbesering.


