Plastiese bottelproppies en knippies van broodsakkies word herwin om rolstoele te befonds.

Foto: Helena Barnard

Op Valentynsdag, 14 Februarie, vier die Sweethearts Foundation sy tiende bestaansjaar.

Dié niewinsgewende organisasie beywer hom daarvoor om onder meer plastiek-botteldoppies en die knippies waarmee broodsakkies toegehou word (“tops and tags”) in te samel.

Dit word deur herwinningsmaatskappye gekoop wat die plastiek herwin. Op dié manier word rolstoele befonds wat die Sweethearts Foundation skenk aan mense met gestremdhede wat nie ’n rolstoel kan bekostig nie.

‘n Standaard rolstoel word deur 1 750 kg plastiek-botteldoppies befonds, of deur 350 kg knippies van broodsakkies. 

Skole, organisasies en verenigings kan saamstaan om sakke vol van die doppies en knippies in te samel en dit aan die Sweethearts Foundation te gee.

Word dit nie gedoen nie, word dié plastiek-artikels, waarvan duisende daagliks oor die land heen weggegooi word, eenvoudig deel van die rommelprobleem.

In Kimberley kan doppies en knippies by die Ethyl Fynn-saal van die 1st Kimberley Girl Guides by Olympiastraat 2 in Beaconsfield afgelewer word. Dit kan Woensdae van 17:30 tot 18:45 gedoen word.

  • Vir inligting, besoek Facebook of sweetheartsfoundation.org.

Clare Hubbart (links) en Casey Fisher van die 1st Kimberley Girl Guides. Plastiese bottelproppies en knippies vir broodsakkies kan die organisasie se saal te 2 Olympiastraat in Beaconsfield afgelewer word. Doen dit op Woensdae tussen 17:30 en 18:45.

You need to be Logged In to leave a comment.