Caritas Gemeenskapsfokus hou ‘n Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders

Verskaf

Caritas
Gemeenskapsfokus in Kimberley bied aan die einde van November ’n Kerspartytjie vir
ongeveer 200 minderbevoorregte kinders in Kimberley aan.

Die partytjie sal op 30 November op Caritas Gemeenskapsfokus se terrein plaasvind.

 Cartias
het die hulp van die gemeenskap en sakeondernemings nodig om seker te maak dat
elke kind gedurende hierdie tyd ook spesiaal voel.

Caritas wil vir elke kind ’n geskenkpakkie opmaak en kort dringend
nog die volgende items:

  • Lyfroom
  • Kosblik
  • Skryfbehoeftes (inkleurpotlode, penne, potlode, skerpmaker, uitveër, liniaal, skryfblok)
  • Skool sokkies (grys vir seuns en wit vir meisies)
  • Bottel (plastiek)
  • Klere
  • Speelgoed

Die
inhoud van elke pakkie beloop ongeveer R200.

Mense
wat verkies om kontant donasie te gee (en ons die aankope dan self doen), kan
van die onderstaande bankbesonderhede gebruik maak:

Caritas
Gemeenskapsfokus Kimberley

ABSA
Tjek

Rekening
nr: 940680476

Bankkode
: 632005

‘Kerspakkie’
as verwysing

Persone wat
graag sou wou bydra tot hierdie projek kan vir Jane Son skakel by 087 150
5041/3 of ’n e-pos stuur na jane@caritas.org.za

You need to be Logged In to leave a comment.