Wico Vlok, ’n gr. 1-leerling aan die Hoërskool Prieska, se heel eerste atletiekbyeenkoms was vir almal ’n onvergeetlike ervaring toe die atleet Chederick Chetdo van Wyk, ’n oudleerling, hom tydens die 60 m-wedloop in sy rolstoel gestoot het.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

“Waar is ons goue medalje dan?”

Dit is wat Wico Vlok, ’n gr. 1-leerling van die Hoërskool Prieska, op Saterdag 27 Januarie wou weet nadat die Olimpiese atleet Chederick Chetdo van Wyk hom op sy skool se kleure-atletiekbyeenkoms in die 60 m-wedloop oor die wenstreep gestoot het.

Wico Vlok, ’n gr. 1-leerling aan die Hoërskool Prieska, se heel eerste atletiekbyeenkoms was vir almal ’n onvergeetlike ervaring toe die atleet Chederick Chetdo van Wyk, ’n oudleerling, hom tydens die 60 m-wedloop in sy rolstoel gestoot het.

Spina bifida miëlomeningoseel is by Wico gediagnoseer, wat beteken­ dat hy met ’n “oop” ruggie gebore is, vertel sy ma, Christelle, ’n onderwyser by dié gekombineerde skool.

Derik Zeelie, skoolhoof, sê Wico en Van Wyk se deelname aan die atletiek was ’n “bitter mooi” geleentheid. Wico is die skool se eerste leerling in ’n rolstoel.

Zeelie se vrou, Lorika, het voorgestel dat hulle vir Van Wyk, ’n oudleerling van die skool wat gereeld sy prakties hier as onderwysstudent van die Noordwes-Universiteit (NWU) doen, vra om Wico “deel te maak van die groter prentjie” deur sy rolstoel in die 60 m-wedloop te stoot.

Van Wyk het gesê hy doen dit met groot liefde. Hy was lid van die Suid-Afrikaanse viertal wat nie vir die eindronde van die 4 x 100 m-aflos in die Olimpiese Spele in 2022 kon kwalifiseer­ nie omdat ’n spanmaat ’n dyspierbesering opgedoen het.

Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.