Die Pikkiebult- Preprimêre Skool in Kakamas het met geesdrif en kleur deelgeneem aan Wêreldhardoplees-dag op Woensdag 7 Februarie. Carla Wiese, skoolhoof, vertel dat hulle vir die kleuters ’n storie voorgelees het oor ’n laslappie-olifant wat van grappies maak hou. Ná die leessessie is die storie bespreek, en is vrae gevra. “Hoe meer gereeld kinders stories hoor, hoe beter word hul woordeskat,” sê Wiese. Studies oor die wêreld heen het bevind dat kinders wat van kleins af stories hoor, beter op skool presteer omdat dit boonop hul geheue en begripsvaardighede ontwikkel, om enkele voordele te noem. Saam met die kinders is van links Wiese (wat soos ’n karakter uit The Cat in the Hat aangetrek het), Elmarie Brand (wat Bennie Boekwurm se blommetjies voorgestel het) en Lanese Smit (’n skoenlapper). Alta Coetzee het soos Rooikappie aangetrek.

Foto: Verskaf