Fanny Fouché van Kimberley, wat op 23 Desember haar 99ste verjaardag gevier het, geniet steeds goeie gesondheid.

Sy stap gereeld in die tuin, doen ligte tuinwerk of maak haar “kabouterdorpie” skoon wat in die tuin uitgelê is. Volgens haar mag daar nie blare in die dorpie rondlê nie.

Fanny Fouché

Dié kleurryke dorpie met kabouterbeeldjies is jare reeds haar passie, en sy het voorheen graag stories oor die kabouters – elk met ’n naam – vertel.

Haar een dogter, Lona Krause van Milnerton in die Wes-Kaap, vertel dat haar ma egter nie meer so beweeglik soos voorheen is nie. Sy vertel dat hulle gereeld vir haar klei koop waarmee sy ure lank diertjies maak omdat haar hande steeds besig wil wees.

Krause se suster, Isabel Venter van Kimberley by wie Fouché bly, probeer ook om met allerlei aktiwiteite Fouché by te staan sodat haar passie om besig te wees bevredig kan word.

Volgens Krause het Fouché se demensie ongelukkig vererger.

“Maar die dae dat sy helder is, is baie kosbaar.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article