Die Proteas is op Sondag 5 November in Indië uitoorlê deur ’n span wat baie beter as hulle was, sê Suid-Afrikaanse afrigter Rob Walter nadat Indië sy span ’n drag slae van 243 lopies in die wêreldbekertoernooi toegedien het.

Die Proteas is egter reeds verseker van ’n plek in die halfeindronde. Hul laaste groepwedstryd is Vrydag teen Afganistan.

Klop hulle Afganistan, sal hulle waarskynlik Australië in die halfeindronde pak. Wen hulle daar, wag die Indiërs straks in die eindstryd. Indië is eerste op die punteleer met 16 punte. Suid-Afrika is tweede (12), gevolg deur Australië (10) en Nieu-Seeland (8).

Tinus van Staden

You need to be Logged In to leave a comment.