Suid-Afrikaanse sportondersteuners is verlede jaar trakteer met ’n rits wêreldbeker-toernooie in verskillende sportsoorte.

Vanjaar wag die grote, die Olimpiese Spele in Parys. Die vraag is of Suid-Afrika meer sukses sal behaal as die drie medaljes wat hy in Tokio gewen het. Bafana Bafana skop ’n besige sportjaar by die Afrika-beker-toernooi in die Ivoorkus af.

In Junie sal die Protea-mans mik na glorie in die T20-Wêreldbeker-toernooi in Amerika en die Karibiese Eilande.

Springbok-ondersteuners kan uitsien na ’n reeks teen Ierland en twee tuistoetse teen die All Blacks in die rugbykampioenskap.

’n Opsomming vir Februarie, en ‘n deel van Maart, saamgestel deur Netwerk24 se sportspan, van ander sportgebeure is:

Februarie

2-16 Februarie: Rugby: Sesnasiesreeks

2-18: Swem: Wêreldkampioen­skappe, Doha

3: Krieket: SA vroue 1ste eendagwedstryd t. Australië

4-8: Krieket: Eerste toets t. Nieu-Seeland

7: Krieket: SA vroue 2de eendagwedstryd t. Australië

10: Krieket: SA vroue 3de eendagwedstryd t. Australië

10-11: Oopwaterswem: Midmar-myl

13-17: Krieket: Tweede toets t. Nieu-Seeland

15-17: Kanovaart: Dusi

15-18: Krieket: SA vroue toets t. Australië

19: Rugby: Varsitybeker-reeks begin

23-1 Jun: Rugby: Super Rugby Pacific

23-25: Sewes: Vancouver

25: Padwedlope: Breaking Barriers-wedloop, Gqeberha

29-2 Maart: Motorsport: F1-GP Bahrein.

Maart

1-3: Atletiek: Binnenshuise Wêreldkampioenskappe

2-3: Sewes: Los Angeles

7-9: Motorsport: F1-GP Saoedi-Arabië

10: Fietsry: Kaapstad-toer

10: Motorfietswedrenne: MotoGP Katar

16: Padwedloop: Om Die Dam-ultramarathon

17-24: Bergfietsry: Cape Epic

21-23: Atletiek: o. 18-, o. 20-, o. 23-kampioenskap, Pretoria.

You need to be Logged In to leave a comment.