’n Groep fotoplakboekkuns-geesdriftiges het op 4 Februarie in die NG kerk Kuruman Die Oog se Dawid-saal byeengekom om Nasionale Plakboekdag Nasionale Fotoplakboekkunsdag te vier.
Die tema was “Gatsby”, en aanbieder Anet Swart en haar helpers het baie moeite gedoen om die saal volgens die tema te versier.
Kay Strydom, Azell Swanepoel en Swart het elk ’n demonstrasie aangebied.
’n Paar 15-minuut-uitdagings, waarná wenners aangewys is, het ook plaasgevind.
Inwoners van Kuruman het in 2019 die eerste maal aan aktiwiteite rondom Nasionale Plakboekdag National Scrapbook Day deelgeneem. Sedertdien is dit vir die gemeenskap ’n hoogtepunt op die jaarlikse kalender.
Die groep beplan om later vanjaar ’n “Scrapbooking retreat” in Upington aan te bied. Dit beloof om ’n naweek van pret en plesier met dié kreatiewe tydverdryf te wees.


