Groentestokkies met knoffelbotter is ‘n ideale gereg by ‘n vleisbraaigeleentheid.

Foto: Ed O’Riley/Weg

Bestanddele

4 murgpampoentjies, elk in 3 ewe groot stukke gesny

’n knippie droë kruie

12 groot knopiesampioene, skoongevee

1 rooi ui, in kwarte en dan weer middeldeur gesny en in blare gebreek

2 eetlepels botter

’n strooisel braaisout

1 rooi en 1 groen soetrissie – pitte uitgeskraap en in blokkies gesny

1 teelepel suurlemoensap

1 knoffelhuisie – fyngedruk

2 eetlepels olyfolie

Metode

Verf die sousie eers aan nadat die groente gaar is, en nié voor die tyd nie. So sal die botter nie brand nie.

1. Ryg die groente op houtsosatiestokkies wat in water geweek is (sodat hulle nie vlam vat nie). Moenie dit nou geur nie.

2. Braai die groente oor warm kole tot dit mooi gaar is met ’n lekker rokerige geur en geskroeide bruin puntjies.

3. Smelt intussen die botter, olyfolie, knoffel, kruie en suurlemoensap saam. 

4. Geur die gaar groente met die braaisout en verf dit met die warm bottersous sodra dit van die rooster af kom. Dit sal nou lekker in die sampioene intrek. Sit dit voor saam met jou braaivleis en enige ekstra botter. 

Weg, Johané Nelson / Foto: Ed O’Riley 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article