Dit was allermins ’n afgeronde vertoning, maar Griekwas het op Woensdag 2 Februarie sy eerste sege in vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks behaal deur die Pumas in Kimberley met 41 – 20 te klop.

Zander du Plessis, binnesenter van Griekwas, het met agt strafdoele 24 punte bygedra.

Dit was ’n klipharde wedstryd, met ’n klomp foute deur albei spanne.

Griekwas se goeie rolmaalbewegings was een van die belangrikste redes vir hul sege.

Vir die wenspan het Ruan Steenkamp (losvoorspeler) sy soveelste kapteinsbeurt gespeel.

Hy en Rynhardt Jonker (heelagter) het ’n paar goeie lopies met die bal in die hand gehad.

Theo Boshoff was pure generaal as losskakel vir die wenspan en het die toutjies behendig getrek.

Griekwas 41 (21)
  • Drieë: Strafdrie deur Alandré van Rooyen en Munier Hartzenberg.
  • Strafdoele: Zander du Plessis (8).

Marnus Kok

You need to be Logged In to leave a comment.