George Whitehead tydens Saterdag 11 Mei se wedstryd in die SA Beker-reeks teen die SWD Eagles.

Foto: Facebook/Griquas

Die Poubloues het op Saterdag 11 Mei ’n sege van 75 – 53 oor die SWD Arende in die Suzuki-stadion in Kimberley behaal.

Met hierdie sege is die Griekwas steeds onoorwonne in die SA Beker-reeks, en het hulle 538 punte in agt wedstryde opgestapel.

Hulle is in die eerste plek met 40 ligapunte, gevolg deur die Pumas (36), die Griffons (35) en die Cheetahs (32).

In die laaste ronde van die groepfase kom die Griekwas op Vrydagaand 17 Mei in Bloemfontein teen die Cheetahs te staan.

You need to be Logged In to leave a comment.