George Whitehead
George Whitehead is volgens sarugby.co.za derde op die lys van top-puntemakers in vanjaar se Curriebeker-reeks. Foto: Griekwas

Westelike Provinsie (WP), teen wie Griekwas op Vrydag 8 Augustus in ‘n Curriebeker-wedstryd kragte meet, moet nie onderskat word nie. Die Griekwas het egter ‘n vermoรซ om onder druk aan te pas en ‘n situasie om te keer. Dit weerspieรซl die drif wat hulle het om te wen en kan hulle Vrydag ‘n voet in die deur gee. Hul mikpunt is immers minstens ‘n plek in die halfeindstryd.

Op die oomblik is WP sewende op die punteleer, terwyl Griekwas die sesde plek bekleรซ. Sedert Griekwas se geskiedkundige oorwinning in 2021 oor WP in Kaapstad, waar hulle die Streeptruie vir die eerste keer in 100 jaar in die Moederstad geklop het, het hulle nog elke wedstryd teen WP gewen.

Tydens ‘n mediagesprek op Donderdag het afrigter Pieter Bergh sleutelareas vir verbetering voor diรฉ wedstryd teen WP bespreek en die belangrikheid van die hantering van afskoppe en die behoefte aan beter verdediging beklemtoon. Hy het die span se onlangse skrumvertoning geprys, wat hy as hul beste van die jaar beskryf het.

Bergh het die bedreiging wat WP se vinnige spelers inhou, erken asook die behoefte om struktuur en konsekwentheid te handhaaf om ‘n halfeindrondeplek te verseker.

As deelnemers in vanjaar se Curriebeker-reeks het die Griekwas tot dusver een wedstryd gewen, en een verloor. Diรฉ nederlaag was op 25 Julie tydens die aanvangswedstryde van die reeks toe hulle met 28 – 49 teen die Pumas verloor het.

In hul tweede wedstryd, teen die Boland Kavaliers op Sondag 3 Augustus, is die bordjies verhang toe Griekwas met 48 – 39 van die veld gestap het. Hiertydens het hulle vyf deurslaggewende punte op die punteleer verwerf. Teen halftyd was die puntetelling 34 – 19 in die Kavaliers se guns, maar die Poubloues het teruggekeer veld toe met nuwe moed om hul agterstand in ‘n verowering om te keer.

Tydens Vrydag se wedstryd sal die Poubloues in hul pienk rugbytruie geklee wees om hul ondersteuning aan KANSA te toon.

  • Diรฉ wedstryd begin om 15:00 in die Suzuki-stadion in Kimberley.
  • Besoek Griquas Rugby – G.W.R.U. op Facebook vir meer inligting oor die kaartjiepryse.
  • Kyk ook uit vir die groepkompetisie waarin R10 000 kontant op die spel is vir die groep of skool met die beste gees en ondersteuning in die volgende twee tuiswedstryde. Nรก Vrydag se wedstryd, is die volgende tuiswedstryd op Vrydag 15 Augustus teen die Haaie.

You need to be Logged In to leave a comment.