Die Griekwas is steeds onoorwonne in vanjaar se SA Beker-reeks nadat hulle op Saterdag 13 April die Griffons in Kimberley met 61–17 geklop het. Die Griekwas het reeds met die Luiperds (88–0), Valke (66–25) en die Grens Bulldogs (119–5) afgereken. Hul volgende wedstryd in die reeks is op Saterdag 20 April in die Boland-stadion in Wellington, wanneer hulle teen die Boland Kavaliers kragte meet. Hier wys Cameron Hufke van die Griekwas wat hy met ‘n bal kan doen.

Foto: Louis Botha Fotografie