Die regering beplan om maandeliks aan elke huishouding in die land 10 GB gratis data te verskaf.
Khumbudzo Ntshavheni, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, het in Februarie in die debat oor die staatsrede gesê haar departement werk daaraan om dit moontlik te maak.
Planne word in werking gestel vir die ontwikkeling van toekomstige tegnologie, soos 6G en 7G, sodat die oorskakeling daarna vinniger kan plaasvind. Daar is geen tydlyn hiervoor nie, maar Ntshavheni het gesê dit sal moontlik wees sodra die land se spektrumveiling agter die rug is. Die breëbandspektrumveiling word vir 8 Maart beplan.