Talle interessanthede is vanjaar op die program vir die Kathu Goue Gerwe, ’n groep vir bejaardes.
Weeklikse byeenkomste vind Dinsdae om 10:00 in die NG kerk Kathu plaas.
Op 15 Februarie het die bestuur vir almal teenwoordig ’n ontbyt voorgesit. Dawid van der Berg en Johnny Mostert het hul deel langs die gasbraaiers gedoen, en Susan van der Berg, Hester Nortjé en Corrie du Plessis het verseker dat die borde vol geskep word.
Die Goue Gerwe het ook weer begin om op Vrydae pannekoek voor die Pick n Pay in die Heritage Mall te bak. Hulle begin om 08:00 bak en hou aan totdat die beslag op is.
Benewens die talle gassprekers wat deur die loop van die jaar hul wysheid sal deel, is ’n Sjop en Sjerrie-aand, ’n lentetoer en ’n Amazing Race-geleentheid deel van die jaarprogram.
Belangstellendes kan Susan van der Berg by 084-701-0894 bel vir meer inligting oor die groep en die program.