Dit was ’n goeie naweek vir Hoërskool Noord-Kaap se krieket.

Twee oud-leerlinge van Hoërskool Noord-Kaap, Reeza Hendricks en Gihahn Cloete, het Vrydagaand (01/02) uitgestap om die kolfwerk vir die Proteas te open in ‘n T20 Internasionale wedstryd teen Pakistan. Albei spelers (Reeza – Jozi Stars en Gihahn – Tswane Spartans) was ook van die beste spelers van die onlangse Mzansi Super League. 

Nog ‘n oud-Leerder, Patrick Kruger, het ook in die toernooi gespeel vir Paarl Rocks.

HNK se eerste Krieketspan het weereens gewys waarom hulle die beste T20-krieketspan in die provinsie is toe hulle die Coca-Cola T20 provinsiale skole kompetisie gewen het. Weens erge reën kon die uitspeel wedstryde wat vir Saterdag geskeduleer was nie plaasvind nie. 

Daar was toe ‘n “bowl out” gehou om die wenners van die kwart finaal te bepaal. 

Die “Bowl Out” het uitgespeel na a “sudden death” en HNK Kaptein, Joshua Barends, het die paaltjies raak gebowl om die kwart finaal te wen vir sy span.Sondagoggend oggend het HNK teen Kalahari Hoërskool Skool gespeel in die halfeindstreid. 

HNK het eerste gekolf en 135/8 in hulle 20 boulbeurte aan geteken. Kalahari kon slegs 87/9 aanteken in hulle poging om die telling te jaag.Sondagmiddag is die eindstryd teen HC Rose HUB gespeel. 

Ethene Kruger het voor gevat met die kolfwerk met sy 60 van 20 balle. 

Die ander kolwers het goed saam gewerk om te help dat HNK ‘n totaal van 202/8 aangeteken het in hulle 20 overs.

Austin Brooker het voor gevat met die boulwerk en ‘n Briljante 7 paaltjies gevat.

HC Rose HUB is almal uitgeboul vir slegs 14 lopies.Hierdie is die 10de agtereenvolgende jaar wat HNK as wenners van die T20 provinsiale toernooi gekroon is.

Hulle speel volgende teen die Vrystaat wenner in die Knights-Franchise finaal op 8 Maart 2019.

You need to be Logged In to leave a comment.