
Stokke het behoorlik tydens ’n gholfdag op Kakamas geswaai. Kaap-Agri Kakamas spog met nog ’n suksesvolle gholf-jaarafsluiting. Altesaam 46 gholfspelers het aan die gholfdag deelgeneem. Franco Odendaal, ’n gr. 6-leerling, is as algehele wenner gekroon. Hier ontvang Franco (regs) sy trofee by Jaco Wessels van Kaap-Agri Kakamas. Foto: Verskaf

Kaap-Agri Kakamas het onlangs ’n gholfdag as sy jaarafsluiting gehou. Die wenners van die gholfdag met hul afrigter is van links, voor: Gerhardus Nel, JP van Heerden, Malan van Heerden, Jan-Hendrik Theron en Jan-Harm Engelbrecht; agter: Franco Odendaal, Hédrik Agenbag, mnr. Ernst Swart (afrigter) Zander Oberholster en Conraad Burger. Foto: Verskaf