Gholfklub wys wenners aan

DIE Sishen-gholfklub het op 7 November hul jaarlikse prysuitdeling gehou en wenners vir 2014 en 2015 is aangewys.


DIE Sishen-gholfklub het op 7 November hul jaarlikse prysuitdeling gehou en wenners vir 2014 en 2015 is aangewys.

Die aand se tema, Arabiese Nagte, het gesorg dat die spoggerige geleentheid nog lank onthou sal word.

Skatkis, ’n orkes van Potchefstroom, het die aand se vermaak verskaf.

Die wenners is soos volg:

Die 2014 Order of Merit is deur Lionel Pedro in die mans-afdeling gewen.

Maggie van Jaarsveldt en Magdel du Toit is as die gesamentlike wenners in die Order of Merit-vroueafdeling (2014) aangewys.

Die Birdie-koning van 2014 is Wouter de Klerk en die koningin is Chantè de Lange.

Die Birdie-koning van 2015 is Shosho Moikwatlhi (mans) en Chantè de Lange.

Die dubbelspelputjiespelwenners is Lionel Pedro en Danny Leibrandt (mans) en Marina de Klerk en Antonette Schultz (vroue).

Die gemenge putjiespelwenners is Stefan en Antonette Schultz.

Die enkelspel-putjiewenners is Ludwig Albut (mans) en Antonette Schultz.

Die 2015 Order of Merit-wenners is Magdel du Toit (vroue) en Lyle Pedro (mans).

Die gholspelers van die jaar is Leon van Jaarsveld (mans) en Magdel du Toit (vroue). Die klub se prysgeldwenners vir 2015 is Lyle Pedro (mans) en Magdel du Toit (vroue).

You need to be Logged In to leave a comment.