Drie werknemers van die departement van korrektiewe dienste en een gevangene is Woensdagoggend(2019/01/16) beseer toe die bussie waarmee hulle gery het omstreeks 09:00 naby die Diamond PavilionShopping Mall in Kimberley in ’n ongeluk met ’n vragmotor betrokke was.Die ongeluk het op die hoek van Oliverweg en die straat wat Oliverweg met Herculesstraat verbind gebeur.Die vragmotor was glo besig om te draai toe die taxi na bewering in die vragmotor vasgeploeg het.Volgens Albert Hensberg, bestuurder van die ER24-ambulansdiens in Kimberley, is een van die beseerdes nadie Robert Mangaliso Sobukwe in Kimberley geneem terwyl ‘n ander na die Mediclinic Gariep inKimberley geneem is vir behandeling. Die ander insittendes kon glo op die toneel behandel word.Die bestuurder van die vragmotor is glo ongedeerd.Die departement van korrektiewe dienste het onderneem om later op die voorval te reageer sodradaar meer inligting oor die ongeluk is.