Vrugtekoek
Gebruik dié maklike resep om ‘n vrugtekoek voor Kersdag gereed te hê. FOTO: Unsplash

Anders as met die meeste vrugtekoek-resepte hoef hierdie een nie voor gebruik gebak te word en te ‘verouder’ nie. Dié resep lewer ‘n vrugtekoek van 20 cm in deursnit.

Bestanddele:

1 blik (410 g) fyngemaakte pynappel

1 pak (500 g) koekmengsel – droëvrugte

200 g (250 ml) suiker

125 g margarien of botter

5 ml gemengde speserye

5 ml koeksoda

2 eiers

140 g (250 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom

140 g (250 ml) bruismeel

1 ml sout

Metode:

Roer die pynappel (saam met die sap), droëvrugte, suiker, margarien, gemengde speserye en koeksoda saam in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos het. Verhit die mengsel oor matige hitte tot kookpunt en kook dit vir 3 minute. Laat heeltemal afkoel.

Verhit die oond tot 190° C. (As jou oond geneig is om koeke te brand, bak liefs by 180° C en dan by 160° C).

Smeer koekpan van 20 cm in deursnee en voer dit met gesmeerde waspapier uit.

Voeg die eiers, koekmeelblom, bruismeel en sout by die vrugtemengsel en meng goed. Skep die deeg in die koekpan, maak dit gelyk en bak vir 30 minute.

Bedek nou die koekpan bo-op met bruin- of koerantpapier, stel die oond op 180° C en bak die koek ‘n verdere 90 minute of tot gaar.

Sprinkel ‘n bietjie brandewyn oor die warm koek ná dit uit die oond gehaal is, indien verkies.

Laat die koek heeltemal afkoel in die pan. Bewaar in digte houer tot benodig.

Neute, kersies en gedroogte vye kan ook by die mengsel gevoeg word vir ’n ryker vrugtekoek.

  • Bron: Huisgenoot Wenresepte 2

LEES OOK: Peanut butter energy balls: Indulge in a healthy snack

LEES OOK: Vyf smaaksinnige lae van pret

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article