Gesin dakloos weens beurtkrag, ontvoltooide brandweerstasie

Gesin dakloos weens beurtkrag, ontvoltooide brandweerstasie

’n Elektriese kortsluiting wat net ná beurtkrag plaasgevind het, het veroorsaak dat ’n gesin van Jan Kempdorp net hul nagklere oor het toe ’n brand Saterdag (03/06) vroeg, kort voor 01:00, uitgebreek het. Frikkie Schoombee, die huiseienaar, het van die rook wakker geword en kon sy vrou en twee dogters betyds uit die huis kry. Volgens Estelle Davies, VF Plus-raadslid van die Phokwane- plaaslike munisipaliteit, is die raad se nuwe, onvoltooide brandweerstasie slegs binne vyf minute se ry van die huis. “As die projek binne die beplande tydsraamwerk voltooi is, kon hierdie huis gered gewees het,” sê sy. Die brandweer in Taung, 40 km van Jan Kempdorp, het wel ’n voertuig gestuur wat ’n halfuur later opgedaag het, maar toe was die huis reeds in puin. Davies sê weens probleme met goedkeuring van die planne vir die brandweerstasie, asook ’n dispuut oor die perseel, is die afhandeling van die projek van einde April na einde Junie uitgestel.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM