This Early Morn Stall was owned by H and L Lesar, who also operated a fruit and vegetable store at 110-112 George Street. Research reveals that it was most likely operated from 1900 to 1915, but maybe even as late as 1924. The Early Morn was not the only refreshment stall in Kimberley during those years. It appears as if stalls like these were open for business in the evenings, as they were equipped with lamps. They were also moveable, as evidenced by the metal wheels. Information: McGregor Museum.

Photo: McGregor Museum/Facebook

Ná meer as 130 jaar gedy Georgestraat in Kimberley steeds as ’n nywerheidsgebied, met ’n verskeidenheid ondernemings wat onverpoos hier besigheid doen.

Talle gevestigde ondernemings word al jare lank in dié straat gehuisves, en nuwe ondernemings maak ook gereeld hier hul verskyning.

Die hedendaagse Georgestraat, wat met Longstraat parallel loop, begin teen Waterloostraat en eindig teen Phakamile Mabijaweg, vanwaar die naam na Yorkstraat verander.

Georgestraat, soos besoekers dit vandag beleef, is drasties anders as die grondstraat van meer as 100 jaar gelede waar die skote geklap en die poppe behoorlik gedans het – veral in die bordele wat in Kimberley se “wilde dae” hier teenwoordig was.

Die straat is teen die Groot Gat-gebied geleë en was tydens die diamantstormloop die belangrikste straat vir handeldryf.

Min van Georgestraat se historiese geboue, wat aan Kimberley se delwersverlede herinner, het egter behoue gebly.

Vandag huisves Georgestraat ’n verskeidenheid gevestigde sakeondernemings en ligte nywerhede.

Dié straat is al as “die hoofaar van Kimberley se sakebedrywighede” beskryf.

Dit is ook algemeen bekend dat indien ’n mens wonder waar om ’n spesialisproduk in die hoofstad van die Noord-Kaap in die hande te kry, die kans goed is dat ’n onderneming of twee in Georgestraat dit in voorraad sal hê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article