Gemeenskap ’n stap nader aan doel

Die Khoisan-gemeenskap in die Kalahari is nog ’n stap nader om vir die eerste keer wetlik as ’n tradisionele gemeenskap in die John Taolo Gaetsewe-distrik (JTG) erken te word.


Die Khoisan-gemeenskap in die Kalahari is nog ’n stap nader om vir die eerste keer wetlik as ’n tradisionele gemeenskap in die John Taolo Gaetsewe-distrik (JTG) erken te word.

Die Khoisan-groeperings van Deben, Kathu, Siyathemba en Olifantshoek het op 14 Augustus met verskeie munisipale amptenare by die Gamagara-munisipaliteit in Kathu vergader.

Hulle het die burgemeester van die Kopanong-munisipaliteit, Edwin Hantise, versoek om ’n brief te skryf waarin die munisipale raad aanbeveel dat die vier groeperings as tradisionele gemeenskappe in die JTG-distrik erken word ingevolge die Wet op Tradisionele en Khoi-San-Leierskap.

Dié skrewe gaan deel vorm van die besonderhede van Khoisan-gemeenskappe se aansoek om erkenning wat by die Noord-Kaapse kantoor van die premier ingedien gaan word.

’n Vergadering sal mettertyd gehou word waarin die lede van die munisipale raad die vier Khoisan-groeperings se voorlegging kan aanhoor.

Hendrik Kaptein

Die Khoisan aktivis Hendrik Kaptein tydens die vergadering tussen vier Khoisan-groeperings en munisipale amptenare. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.