Maskam Guest Farm
Ideale toestande vroeër vanjaar het ‘n perfekte omgewing vir die vroeë ontkieming van blomme in dele van die Namakwaland geskep. Goeie reënval, met gereelde opvolgbuie, en koue temperature wat met sonnige tydperke afgewissel is, het tot dié toestande bygedra. Warmer tydperke in die laatherfs en vroeë winter het lente-agtige toestande nageboots, wat van die blomspesies vroeër as gewoonlik laat begin blom het, sê woordvoerders van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke). Plante in die Namakwa- Nasionale Park en omgewing het reeds begin blom en kenners voorspel ‘n lang en skouspelagtige blomseisoen tot diep in Augustus; selfs vroeg September. Kontak onder meer die Clanwilliam-toerismeburo vir meer inligting, of die park by 027 672 1948. Foto: Facebook/Maskham Guest Farm

You need to be Logged In to leave a comment.