Versamelvoëlneste in die Noord-Kaap
Versamelvoëlneste wat die oog ritmies van een telefoonpaal na ‘n volgende laat beweeg, is die tema van vele van die Noord-Kaapse kunstenaar Karen Knop se kunswerke. Een van haar weergawes hiervan het in 2022 ‘n wêreldbekende komponis en pianis van New York, Margin Alexander, musiek laat hoor. Alexander het dié skildery op Instagram gesien en Karen gekontak, want hy het dit gekies as een van enkele kunswerke van oor die wêreld heen waarvoor hy ‘n musiekstuk vir ‘n konsert wou komponeer. Die konsert het in Maart 2022 in New York plaasgevind. Versamelvoëlneste kom slegs in dele van die Noord-Kaap, Namibië en Botswana voor; nêrens anders ter wêreld nie. Dit kan tot 4m diep wees, met ‘n deursnit van 7m en ‘n gewig van 1 ton, aldus dr. Doug Harebottle van die Gariep-voëlklub. Hierdie neste is net buite Groblershoop afgeneem. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.