buffel in Mokala
Om ‘n natuurpark te besoek, al is dit vir ‘n dag, kan ‘n mens tot rustigheid en nadenke dwing. Soms bring die nadenke antwoorde op vraagstukke, of raak ‘n mens opnuut bewus van die wonder van die natuur. Van Maandag 22 September tot Vrydag 26 September is dit weer Parkeweek, waartydens Suid-Afrikaners gratis toegang as dagbesoekers tot sommige van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het. By van die parke is die gratis besoekdae tot die Saterdag of Sondag verleng. In die ariede streek kan die Kgalagadi-oorgrenspark, asook die Mokala- Nasionale Park, tot Sondag gratis besoek word. Dié onverskrokke buffel is een Mokala se permanente inwoners wat ‘n besoeker in die oë kan kyk. Besoekers moet hul Suid-Afrikaanse ID saamneem, en hulle kan op sanparks.org meer inligting oor elke park kry. Steve Irwin, bekende natuurkenner en -bewaarder van Australië, het gesê: “We don’t own the planet Earth, we belong to it. And we must share it with our wildlife.” Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.