Leeus
Leeus in die Kgalagadi-oorgrenspark. Foto: SANParke

Leeus
‘n Leeunavorsingsprojek, in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) en die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT), word in die Kgalagadi-oorgrenspark bedryf. Dit sal meehelp om akkurate inligting oor die leeubevolking in die Suid-Afrikaanse kant van dié uitgebreide oorgrenspark in te samel. Die aantal leeus gaan onder meer bepaal word; ook hoe en waar hulle deur die landskap beweeg. SANParke sê dat besoekers aan die park navorsingsvoertuie sal opmerk wat met SANParke- of EWT-logo’s gemerk is. Klem word daarop gelê dat die navorsingspanne toestemming het om paaie te gebruik wat nie vir besoekers toeganklik is nie. Die publiek word versoek om nie die spanne te volg en ook van daardie paaie gebruik te maak nie. Foto: SANParke

You need to be Logged In to leave a comment.