‘n Fotokompetisie, Wol in aksie, word deur Santam Landbou en die Nasionale Wolkwekersvereniging aangebied.
Stuur foto’s van die hele wolwaardeketting in alle stadiums: vanaf die skape in die veld, in die skeerhuis, op die skeertafel of aan die bas.
Inskrywing is gratis en elke fotograaf kan twee foto’s inskryf.
Die eerste prys is R12 500, tweede R6 500 en derde R3 500. Die wenner se foto gaan op die voorblad van die tydskrif Veeplaas pryk.
Foto’s moet 1MB of groter wees, en kan in landskap of portretformaat wees.
Stuur inskrywings teen 16 Mei na Bonita Francis by nwga@nwga.co.za.