witgaatboom
Die beskeie immergroen witgatboom of matoppie (Boscia albitrunca) word die “Boom van die lewe” genoem vanweë sy vele gebruike vir mens en dier. Dit is ‘n kleinerige boom met ‘n wit stam en kom in die warmer en droër dele van die land en in Suider-Afrika-lande voor. Van die stamme groei redelik regop, soos dié een in die Mokala- Nasionale Park. Ander stamme vervorm kunstig tydens die groeiproses. Die boom is skaduryk, en temperature in sy skaduwee is drasties koeler – dalk vandaar sy Engelse naam, “shepherd’s tree” omdat dit skuiling bied. Die voedsame blare maak dit ‘n gunsteling vir wild en vee, en die stam en wortels het medisinale en voedselverwante gebruike. In die suidweste van die land was dit algemeen om gesnyde of gerasperde wortels te rooster of braai vir ‘n aftreksel wat ‘n plaasvervanger vir koffie is. Besoekers is met ” ‘n kommetjie gaat” verwelkom. Volgens wyle prof. Hans du Plessis spreek inwoners ‘n enkel “a” as ‘n lang klank uit. “Gaat” is hul uitspraak van “gat” en verkorting van “witgatboom.” Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.