
witrugaasvoëls en samel sodoende ook data in. Leon Venter van Kimberley vertel: “So beweeg ons na ‘n
volgende boom, en afgesien van die aasvoëlnes is daar ook ‘n nes van die versamelvoëls (‘sociable
weavers’). Groot is ons verbasing toe ons ‘n wyfieboomslang halflyf in die nes kry, besig met haar
‘middagete’. Die stemme van onder het haar onrustig gemaak, en sy het uitgekom om ondersoek in
te stel. Ons was heel verlig toe ons sien sy besluit om na hoër op in die kameeldoringboom te gaan en
haar nie by ons aan te sluit nie. Sy het heel bo in die boom gaan lê en afgekyk na ons.”
‘n Versamelvoëlnes, eie aan die Noord-Kaap, kan massiewe afmetings aanneem − tot 7m in deursnee,
en sommige kan tot ‘n ton weeg. Boomslange is gereelde besoekers aan dié neste vir ‘n ete van eiers en
kuikens. Foto: Leon Venter



You must be logged in to post a comment.