Blinkoog oor die Oranjerivier
Hoewel Afrika se eerste gekonsentreerde sonkrag-termiese kragstasie sedert 2016 in werking is, verwonder reisigers hulle steeds aan dié vreemde verskynsel langs die N14 tussen Upington en Keimoes. “Ou Blinkoog”, soos dié 205m-hoë toring deur sommige inwoners van die omgewing genoem word, is glo deur meer as 4 000 massiewe sonspieëlpanele (heliostate) omring. Dié sonkragstasie met die amptelike naam van Khi Solar One, beslaan 140ha en is glo die eerste son-toringstasie wat 24-uur se werking met slegs sonenergie bereik het. Dit is deur ‘n Spaanse maatskappy ontwikkel en is deel van die departement van energie se poging om ‘n kombinasie van wind- en sonenergie op die energienetwerk in te voer. Die sonenergie wat deur die heliostate weerkaats word, fokus op ‘n ketel bo-op die toring, en ‘n superverhitte stoomsiklus met ‘n maksimum temperatuur van 530°C kan glo bereik word. Hier is die toring sigbaar vanaf die N10-brug oor die Oranjerivier. Foto: Helena Barnard

Khi Solar One

You need to be Logged In to leave a comment.