Swaar reënneerslae het die afgelope weke oor dele van die land uitgesak, en agt sluise van die Vaaldam is die afgelope naweek glo oopgemaak. Volgens die departement van water en sanitasie is die Vaaldam, Bloemhofdam en Gariepdam onderskeidelik 104%, 97% en 109% vol. Volgens die weerdiens kan ’n bo-normale reënval tot middel-Desember verwag word. By die Rooifontein-wildreservaat buite Kimberley is van die tweespoorpaaie onder water, met die water wat egter vinnig in die November-son verdamp.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article