’n Dubbele reënboog weerkaats verlede week in plasse water in ’n straat in Kimberley ná ’n behoorlike reënbui. “In elke spoedhobbel is ’n reënboog,” sê Adrian van Wyk oor dié foto wat hy geneem het. ’n Reënboog is net ’n optiese illusie – tog laat dit mense na hul asem snak, na kameras gryp of na ’n pen soek om ’n gedig of ’n liedjie te skryf. Talle mites bestaan rondom ’n reënboog, waarvan die bekendste is dat ’n pot goud op die punt daarvan wag. Of dat jy van geslag sal verander as jy onderdeur dit stap. Ons is ook geleer dat ’n reënboog sewe kleure bevat, maar daar is glo baie skakerings tussen die bekende sewe kleure – volgens bronne tot ’n miljoen kleure. En dan word daar ook geglo dat ’n dubbele reënboog op groot geluk dui.

Foto: Adrian van Wyk Credit: SYSTEM