Hoewel inheems aan die oostelike dele van Suid-Amerika, gedy die bougainvillea reeds dekades lank oor die wêreld heen, en sy kleurvolle skutblare rondom die bykans onopsigtelike blommetjies kikker selfs die vaalste wintertuin op. Die skutblare word ook papierblomme genoem vanweë hul tekstuur. Dié plant met talle spesies groei van 1 m tot 12 m hoog. In Kakamas, met ’n beloofde koue front op die horison en ’n groen lusernland op die agtergrond, verskaf dié bougainvillea ’n warm kleur.

Foto: Helena Barnard